Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

6. Begrotingscenarios 2017

BEGROTINGSCENARIOS           

  • In die tabel hieronder word drie moontlike scenarios uiteengesit op grond van die % styging in universiteitsinkomste. Dit sluit die volgende in: 
    • Die syfers is aangepas volgens makro-aannames. Dit is voorlopige bedrae en sommige aannames sal nog aangepas word.  
    • Verskillende scenarios vir 'n moontlike toename in studentegelde word voorgestel:
      • Indien daar vir 2017 weer 'n aanpassing van 0% is, sal die US se begrotingstekort R49,8m beloop. Daar moet in ag geneem word dat die impak van die 0% styging vir 2016 nie net beperk is tot dié jaar nie. Dit sal 'n rimpeleffek hê tot na 2019, en selfs nog later indien die US vir 2017 weer geen styging in inkomste ontvang nie.  
      • Met 'n aanpassing gelyk aan die VPI (6,42%) sal die begrotingstekort vir 2017 ongeveer R9,5m beloop.
      • Met 'n aanpassing gelyk aan die Hoëronderwysprysindeks (HOPI), dus 6,42% (VPI) plus 1,7%, sal die US in 2017 'n begrotingsurplus  van R1,1m hê.
    • NEEM KENNIS:
      • Nie een van hierdie scenarios het 'n begrotingsurplus in 2018 of daarna nie.
      • Hierdie scenarios maak net voorsiening vir die status quo: slegs bestaande aktiwiteite kan befonds word, met geen befondsing vir nuwe aktiwiteite of meer geld vir beurse nie.

 
*VPI = VERBRUIKERSPRYSINDEKS 
**Die inflasiekoers in die hoëronderwyssektor is ongeveer 1,7% hoër as die VPI vanweë duur fasiliteite en ingevoerde toerusting asook internasionale publikasies.
Huisvesting 2017
  • Die tabel illustreer drie moontlike scenarios vir huisvestingsgelde:
    1. 0%-aanpassing: begrote tekort van R35,4 miljoen in 2017. Daar moet in ag geneem word dat die impak van die 0%-styging vir 2016 nie tot hierdie jaar beperk is nie. Dit sal ’n rimpeleffek tot 2019 en selfs veel later hê as die US nog ’n jaar sonder ‘n styging in inkomste beleef. 
    2. Aanpassing gelyk aan VPI (6,42%): begrote tekort van R18,2 miljoen in 2017.
    3. Aanpassing gelyk aan die Hoëronderwysprysindeks (HOPI) = VPI + 1,7%: begrote tekort van R13,6 miljoen in 2017.