Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

8. Huidige inisiatiewe en volgende stappe

Hoëronderwyssektor

 

Kommissie van Ondersoek na Hoër Onderwys en Opleiding is aangestel om die befondsingsopsies vir hoëronderwys in Suid-Afrika te ondersoek. Die 26 universiteite het reeds via Universiteite Suid-Afrika (USAf), en sommiges ook individueel, insette gelewer. Verskeie staatsdepartemente en organisasies neem ook deel aan die voorleggingsproses. Daar word verwag dat die Kommissie sy verslag teen Junie 2017 sal afhandel.
  • Na ’n gesamentlike vergadering tussen die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, USAf en die Forum vir Voorsitters van Universiteitsrade, is ’n verklaring uitgereik waarin onder meer die onmiddellike stigting van ’n forum van veelvuldige belangegroepe  voorgestel is. Dit sal die Nasionale Tesourie, die Departement Hoër Onderwys en Opleiding, en die privaatsektor soos verteenwoordig deur hul assosiasies  insluit, asook universiteitsrade, USAf en relevante studente-organisasies. Die doelwit is om konsensus te bereik oor hoe die styging in inkomste van 8% wat openbare instellings benodig, ten volle befonds gaan word.  Regeringsaanbevelings oor stygings in studentegelde wat teen die einde van Augustus 2016 verwag is, is tot middel September uitgestel.

 


Universiteit Stellenbosch

By die US het die jaarlikse begrotingsproses aan die einde van die eerste semester van 2016 begin, en dit behels ’n gedetailleerde begrotingsproses van 70 stappe, wat onder meer skakeling met studenteleiers insluit:

  • 27 Julie 2016: ‘n gesamentlike vergadering van die Studentegelde-, Beurse- en Lenings- en Akkommodasie-komitee om inligting te deel oor die begroting en die impak van die 0% styging op 2016 en daarna, asook befondsingsbehoeftes en scenarios vir 2017.
  • 8 Augustus – 26 Augustus 2016:  individuele komiteevergaderings; ’n gesamentlike vergadering van die Rektor se Bestuurspan (RBS) en die Studenteraad (SR); voorleggings aan verskeie studenteleierskapstrukture, onder meer die Primkomitee, die Studenteparlement (Stellenbosch en Tygerberg) en by fakulteitvergaderings.
  • Die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding het nog geen duidelikheid verskaf nie, maar die US gaan voort met sy skakeling met sleutelpersoneel en studenteleiers. ‘n Aankondiging van aanbevelings deur die regering word middel September 2016 verwag.
  • 6 September 2016: Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, en mnr Manie Lombard, Hoofdirekteur: Finansies, het ‘n voorlegging gemaak by die Kommissie van Ondersoek na Hoër Onderwys en Opleiding. (#FeesCommission).
  • 22 September 2016: Voorgestelde vergadering van die RBS en die SR (Uitvoerende vergadering).
  • 8 November 2016:  Voorlegging van die 2017-begroting aan die Uitvoerende Komitee van die Raad.
  • 28 November 2016: Voorlegging van die 2017-begroting aan die Universiteitsraad vir insette en goedkeuring.