Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Volhoubaarheid

​​​​​​​​​​​​
 

Volhoubaarheid is, naas die uitbouing en versterking van die Universiteit Stellenbosch se kundigheidsbasis, die verdere verbetering van studentesukses, en die verhoogde diversifisering van die personeel- en studentekorps, een van die Universiteit se vier fokusse vir die volgende aantal jare.

Volhoubaarheid kan gedefinieer word as die vermoë om in huidige lewensbehoeftes te voorsien, en om lewensgehalte te verbeter en te ontwikkel sonder 'n toename in die gebruik van materiaal en energie wat meer is as wat die huidige ondersteunende stelsels kan hanteer. Die ondersteunende stelsels kan ook sodanig hernu word dat toekomstige geslagte se vermoë om in hulle lewensbehoeftes te voorsien, en hul lewensgehalte te verhoog en te ontwikkel, nie benadeel word nie.1 Daar is dus 'n balans - wat oor meer as een geslag strek - tussen die natuur (ekologie), mense (gemeenskap of sosiale netwerke) en die ekonomie.

Dit sluit aan by die Universiteit se verbintenis tot die internasionale ontwikkelingsagenda, soos vergestalt in die HOOP Projek. Die US het vyf ontwikkelingstemas uitgekies en sistemiese volhoubaarheid hou verband met die vyfde tema: die bevordering van 'n volhoubare omgewing en 'n kompeterende nywerheid. Die US se volhoubaarheidsinisiatiewe sluit ook aan by sy Transformasie-doelwitte en posisionering as 'n universiteit van die 21ste eeu.  

Kliek hier om na die Volhoubaarheidstuisblad te gaan​


 

1 Report of the World Commission on Environment and Development: Our Common Future, Transmitted to the General Assembly as an Annex to document A/42/427 - Development and International Co-operation: Environment  (http://www.un-documents.net/wced-ocf.htm)