Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Doen aansoek vir toesig tydens die November 2022 – SU asseseringsperiode

Die aansoekproses vir toesigdiens tydens die SU-asseseringstydperk vanaf Dinsdag 25 Oktober 2022 tot Saterdag 03 Desember 2022 is oop. Aansoekvorms is beskikbaar vanaf Donderdag, 01 September 2022.

Neem asseblief kennis dat die Asseseringskantoor vereis dat suksesvolle aansoekers elke dag beskikbaar moet wees vir die volle duur van die asseseringsperiode.

Eksterne aansoeke (persone buite die Universiteit) sal voorkeur geniet.​

Aansoeke sluit Woensdag, 14 September 2022 om 16:30

Minimum kwalifikasie Matriek.

Vergoeding beloop R250 per asseseringsessie/ R300 per ekstra skryftyd asseseringsessie vir toesighouers en R350 per asseseringsessie / R400 per ekstra skryftyd asseseringsessie vir senior toesighouers. Vergoeding vir alle toesighouding tot 03 Desember 2022 sal einde Desember 2022 betaal word.

Aansoekvorms is per epos beskikbaar vanaf Donderdag, 01 September 2022. Kontak vir mnr Gary Kirsten direk by garyk@sun.ac.za om die aansoekvorm per epos vir u aan te stuur.

Aansoekers moet asseblief alle afdelings van die aansoekvorms volledig invul en die ingevulde vorm (saam met enige ander dokumentasie wat vereis mag word) moet weer per epos teruggestuur word aan garyk@sun.ac.za voor óf op die sluitingsdatum (Donderdag, 14 September 2022 om 16:30).

Let asseblief daarop dat onvolledige vorms en/of vorms sonder die nodige dokumentasie (waar aangevra word) nie oorweeg sal word nie. 

Kontak mnr Gary Kirsten by garyk@sun.ac.za  vir verdere navrae.​​