Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
LENTE AANBIEDING: Loopbaanadvies vir gr. 9-12

"Everybody is a genius. But if you judge a fish by its ability to climb a tree, it will live its whole life believing it's stupid." - Albert Einstein.

Bereik jou volle potensiaal en kry 'n voorsprong vir jou toekoms, beplan vroegtydig! Bespreek ʼn loopbaanadvies- of vakkeuse-assessering by ons.

Wie kan van die loopbaan- en vakkeusevoorligtingsdiens gebruik maak?
Hierdie diens word vir graad 9- tot 12-leerders sowel as skoolverlaters jonger as 21 aangebied.

Wat behels die diens?
ʼn Assessering sluit ʼn 4-uurlange psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings asook ʼn 1-uurlange individuele terugvoersessie in. 'n Verslag met die resultate en aanbevelings sal binne twee weke na die assessering per e-pos aan jou gestuur word.

Aanbevelings word op grond van die kliënt se unieke profiel gemaak en kan dus programme aan ʼn verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word dus aan alle voornemende studente gebied en nie slegs aan diegene wat aan die Universiteit Stellenbosch wil studeer nie.

Die psigometriese assesserings word aanlyn sowel as in persoon op kampus aangebied. Die proses vir 'n aanlyn assessering is dieselfde as vir 'n kantoorafspraak, behalwe dat ons gebruik maak van die MS Teams platform. Ons gebruik die aanlyn weergawes van al die psigometriese instrumente.

Spesiale tarief:

Betaal nou vir enige assessering vir September – November teen die spesiale Lente aanbot van R 2050 per kliënt (normale tarief R 2500)

  • Hierdie assesserings is vir beide aanlyn en op kampus sessies, Mandae – Vrydae
  • Dit sluit skoolvakansies en Saterdae uit
Vir meer inligting en besprekings: csr@sun.ac.za | 021 808 4709 | https://bit.ly/37gDsI6