Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FirstRand verwerk nie transaksies na of van Rusland nie

​Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne het daartoe gelei dat verskeie ekonomiese sanksies die afgelope weke teen Rusland ingestel is. Hierdie sanksies teiken Russiese entiteite, en spesifieke hoëprofiel-individue, die Russiese Sentrale Bank, sommige Russiese banke en Belarus-individue, -entiteite en -banke.

Die beperkings sluit in die blokkering van die gesanksioneerde Russiese banke se toegang tot die SWIFT-stelsel. Die blok is op 12 Maart 2022 ingestel. Die EU het aangedui dat die SWIFT-beperkings uitgebrei kan word na ander Russiese banke, afhangende van Rusland se optrede. Visa en Mastercard het ook aangedui dat hulle nie meer transaksies waarby Rusland betrokke is, sal aanvaar nie.

As gevolg van bogenoemde het FirstRand die Universiteit Stellenbosch ingelig dat hulle geen transaksies na of van Rusland, hetsy na 'n individu of regsentiteit, sal verwerk nie.