Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Jongste nuus oor Beweging teen Geslagsgebaseerde Geweld-werkgroepe

​Terwyl ons voortgaan om met die COVID-19-pandemie te worstel, en ons institusionele reaksie te belyn om studente te ondersteun en bedryfsvoortsetting te verseker, moes 'n aantal van ons prioriteite hersien word om te verseker dat ons die akademiese jaar suksesvol voltooi. Ons stryd teen geslagsgebaseerde geweld (GBV) bly 'n prioriteit waarvan ons nie kan wegbeweeg nie en ons is daartoe verbind om oplossings te vind en ons werk vir hierdie baie belangrike taak voort te sit.

Agtergrond:

Die Beweging teen Geslagsgebaseerde Geweld US het op 9 September 2019 'n memorandum aan die Rektoraat van die Universiteit Stellenbosch (US) oorhandig. Gesamentlike werkgroepe is saamgestel om 'n sistemiese reaksie op die bekamping van geslagsgebaseerde geweld (GBV) te ontwikkel en om die kwessies wat in die memorandum en die daaropvolgende antwoord van die bestuur geopper is, aan te spreek. Elkeen van die ses werkgroepe is onder toesig van 'n lid van die Rektoraat en het verteenwoordiging van die mees relevante Universiteitstrukture wat verband hou met die betrokke onderwerp, sowel as studente-verteenwoordiging.

Die werkgroepe rapporteer aan die Rektoraat deur die Senior Direkteur: Studentesake, dr Choice Makhetha. Die werkgroepe hervat hul werk via aanlynvergaderings vanaf 18 Mei 2020.

Om toegang tot die werkgroepe te verbreed, nooi ons studente en personeel uit om skriftelike insette by die voorsitters van die werkgroepe in te dien. Kontak ons gerus:

  1. Waardes en beginsels
    Me Monica du Toit – mdt2@sun.ac.za

  2. Veiligheid en sekuriteit
    Dr Viljoen van der Walt – vvdw@sun.ac.za

  3. Opleiding en bewusmaking
    Me Tonia Overmeyer – toniaovermeyer@sun.ac.za

  4. Koshuise en strukture
    Me Ruth Andrews – rutha@sun.ac.za

  5. Prosedures en prosesse
    Me Felicia van Rooi – feliciavr@sun.ac.za

  6. Geestesgesondheid en drank- en middelmisbruik
    Dr Munita Dunn-Coetzee – mdunn@sun.ac.za

As jy met 'n spesifieke werkgroep in verbinding wil tree, kontak gerus die voorsitter soos hierbo aangedui. Alle algemene navrae oor die gesamentlike werkgroepe kan gerig word aan antigbv@sun.ac.za.

Kontak gerus unfair@sun.ac.za om geslagsgebaseerde geweld of enige vorm van onbillike diskriminasie, teistering en mishandeling aan te meld.