Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vier Afrika-universiteite-dag

Die Universiteit Stellenbosch (US) sluit by hoër onderwysinstellings op die vasteland aan en vier Afrika-universiteite-dag op 12 November. Die dag word jaarliks deur die Vereniging vir Afrika Universiteite (AAU) herdenk.

Vanjaar se tema is: 'Die Afrika wat ons wil hê: Die rol van jongmense'. Die tema beklemtoon die kritieke rol van die jeug om beleid, wetgewende en sosiale verandering mee te bring; die status quo te ontwrig en 'n meer aktiewe rol in te neem om die 'Afrika wat ons wil hê' teen 2065  te bereik. Die tema is gebasseer op aspirasies van Afrika-lande soos verwoord in Agenda 2063.

Die US se Afrika-universiteite-dag feesvieringe sluit 'n seminaar, filmaand en galadinee op 15 en 16 November in. Dit word aangebied deur US Internasionaal.


DONDERDAG, 15 NOVEMBER

1.      Afrika-universiteitsdag seminaar

Paneellede:

 • Me Farai Mubaiwa - mede-stigter van die jeug geleide organisasie Afrika-aangeleenthede

• Mnr. Melt Hugo (SR: Uitvoerende lid, studentesukses en nagraadse studente)

• Dr Nyambura Mwagiru - Koördineerder: Akademiese Programme, Internasionale Kantoor USB. • Fasiliteerder: Me Mannini Kotele

Tyd: 11:30 vir 12:00 tot 13:15 (Middagete sal daarna bedien word)

Plek: VV Hall, Neelsie Studentesentrum

RSVP's is noodsaaklik vir spyseniering. Klik hier om jou sitplek te bespreek

2.      Afrika-universiteitsdag  Filmaand

Twee films word vertoon, met die eerste een wat om 18:00 begin (gratis springmielies en koeldrank vir die eerste 50 mense).

VRYDAG, 16 NOVEMBER

Afrika-galadinee aangebied deur die Afrika-Studenteraad - ASB Stellenbosch Universiteit

Tyd: 18:00 - 21:00

Plek: VV Hall, Neelsie Studentesentrum

Toegang is gratis, maar let asseblief daarop dat sitplekke beperk is.

Kliek hier om jou sitplek te bespreek.