Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
TEFL: Onderrig van Engels as vreemde taal. (Deeltyds).

Die Taalsentrum bied ’n omvattende 120 uur lange TEFL-kursus deeltyds aan. Kursusduur: 20 Julie tot 16 November. Alle klasse op Vrydae van 09:00-16:30. Registrasies sluit 20 Junie. Geen vorige onderrigervaring word vereis nie. As jy selfversekerd en bedrewe is in Engels, die grammatika van die taal onder die knie het en jou Engelse uitspraak na die van ’n moedertaalspreker klink, skakel gerus met Jeanene Olivier (021 808 2167/2905 of olivierj@sun.ac.za) om uit te vind of jy vir hierdie TEFL-kursus in aanmerking kom.