Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Internasionale Samewerkingsmobiliteits-toekenning vir akademiese en ondersteuningspersoneel

Universiteit Stellenbosch Internasionaal (US Internasionaal) nooi personeel uit om aansoek te doen vir die 2018 Internasionale Samewerkingsmobiliteit-​toekenning. Die toekenning bied befondsing aan US akademiese en ondersteuningspersoneel om samewerking met eweknieë by buitelandse instellings te versterk.

Die toekenning dek nie mobiliteit na Afrika en BRICS-lande nie. Indien u belangstel in samewerkingsgeleenthede in Afrika of die BRICS-lande, kan u aansoek doen vir die Afrika-vennootskapstoekenning of die BRICS-vennootskapstoekenning. Meer inligting is hier beskikbaar.

US International sal ses (6) reistoelaes tussen R17 500 – R25 000, wat deel uitmaak van die Samewerkingsmobiliteit toekenning, in 2018 toeken.

​Kliek hier vir meer inligting (aansoek riglyne en bepalings en voorwaardes).

Doen hier aansoek

Kliek hier vir 'n lys van vennoot-universiteite.