Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Lewensvatbare Voorsiening van skoonmaakdienste vir die Universiteit Stellenbosch Kampus te Worcester

Tydens die onderhandeling tussen die Vakbonde en die Universiteit Stellenbosch gedurende 2016 insake inkontraktering en uitkontraktering, het die partye ooreengekom op 'n proses van Lewensvatbare Voorsiening. Lewensvatbare Voorsiening word gedefinieer as die sisteem en proses waardeur die Universiteit op ʼn deursigtige manier, inaggenome die insette van belangegroepe, besluit op die mees geskikte metode vir die verskaffing van essensiële dienste aan die Universiteit. Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot ʼn proses van Lewensvatbare Voorsiening wanneer 'n essensiële dienskontrak hernu moet word of wanneer 'n behoefte vir 'n nuwe diens ontstaan .

Stellenbosch Universiteit begin hiermee die proses om die mees lewensvatbare voorsiening vir skoonmaakdienste op die kampus te Worcester te verkry. As deel van die Lewensvatbare Voorsieningsproses word insette verlang van belangegroepe of enige partye wat moontlik geraak kan word deur die voorsiening. Persone wat persoonlik wil insette lewer, word versoek om geskrewe voorleggings aan Liezl Cilliers, Senior Aankoper, via e-pos by liezlc@sun.ac.za te stuur of om voorleggings aan haar by afdeling Aankope & Voorsieningsdienste (Merrimanlaan) in te dien teen 10 Oktober 2017. Mense wat persoonlik insette wil lewer moet asseblief so aandui, en kontakbesonderhede verskaf.  Hierdie voorleggings sal deel vorm van die evaluering van die Lewensvatbare Voorsieningsopsies.

Ten einde lewensvatbare opsies te vergelyk sal 'n versoek om voorstelle uitgereik word aan Skoonmaakmaatskappye. Die diens wat benodig word is vir skoonmaak van die akademiese en koshuisfasiliteite op die kampus. Hierdie fasiliteite bestaan uit:

  • Kantore, klaskamers en Woonstelle
  • Meganiese Ruimtes
  • Sentrale rekenaar -en stoorruimtes
  • Voedsel fasiliteit
  • Sitkamers, ontspannings -en vergaderruimtes
  • Slaap-/studieareas
  • Kleedkamers

 

Die volgende aktiwiteite sal met verskillende frekwensies binne bogenoemde ruimtes benodig word:

  • Skoonmaak, afstof, stofsuig en ontsmetting van alle toerusting en bogenoemde areas
  • Afstroop, poleer en seël van vinielvloere
  • Vee van toegangstrappe
  • Vervang toiletpapier, handdoeke en seep
  • Was en skoonmaak van vensters buite / binne

 

Die voorstelle sal op grond van die volgende kriteria beoordeel word:

  • Volhoubaarheid van voorstel
  • Bewese menswaardigheids protokolle en bestuurspraktyke toegepas in die bestuur van menslike hulpbronne
  • BBSEB gradering
  • Verwysings van minstens 5 huidige kliënte
  • Waarde Toevoeging
    • Maak en Tipe toerusting
    • Metodologie in terme van:
      • Bestuurskontroles
      • Kommunikasiestelsels
      • Bestuur van veiligheidsaspekte (OHSA)
      • Gehaltebeheerstelsels
      • Manier waarop sensitiewe areas bestuur word
      • Hoe word kliëntetevredenheid bereik en gewaarborg
    • Beskerming van bates
      • Voorkomende aksies
      • Rapportering van onderhoudsprobleme