Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
50 jong leiers besoek kampus
Outeur: Student Recruitment | Studentewerwing
Gepubliseer: 09/01/2023

​Die jaarlikse Burger Jeugleierskonferensie, wat deur Die Burger en die Wes-Kaapse Onderwysdepartment aangebied word, het plaasgevind in Desember. Die program het 'n besoek aan die kampus van die Universiteit Stellenbosch ingesluit om Matieland te ontdek en te ervaar. Die span van die nuutgestigte Studentewerwingsafdeling (SWA) en 'n groep studente-ambassadeurs het hulle op Dinsdag, 13 Desember, op kampus verwelkom. 

In ooreenstemming met vanjaar se tema, "Die jeug van vandag is aanpasbaar en behendig", het ons gedagtes met hulle uitgeruil om te help om hulle loopbaanontwikkelingsreis af te skop. Om 'môre-gereed' te wees, is 'n uitdrukking wat algemeen in die IT-wêreld gebruik word. Dis egter ook gepas om seker te maak dat hierdie toekomstige leiers hulself gereed kry vir sukses en van ander onderskei wanneer hulle die kompeterende wêreld van werk betree. 

Die groep van 50 jeugleiers is uit skole regoor die Wes-, Noord- en Oos-Kaap gekies. Vir die helfte van die groep was dit die eerste keer dat hulle die geleentheid gehad het om die eikeboomryke Stellenbosse strate te besoek en te ervaar. Dis 'n belangrike kontakgeleentheid vir die SWA-span, aangesien al die skole wat verteenwoordig is, beskou word as voedingskole vir die instelling. 

Interaksie tussen studente en leerders dien as 'n werklike weergawe van hoe die instelling 'n gevoel van gemeenskap en behoort skep, wat studente aantrek om by US te studeer en wat matrikulante kan doen om beter voorbereid vir universiteit te wees oor 2 jaar. 

Personeel en studente is ewe opgewonde om die US-visie van saam vorentoe te bevorder. 

Michaela Grundman, Hoërskool Bosmansdam: “Ek is so dankbaar vir ons ervaring by die Universiteit Stellenbosch, want dit het werklik my oë oopgemaak vir die moontlikhede wat ons toekoms inhou. Die feit dat ek met universiteitspersoneel en -studente kon kommunikeer, het my deurslaggewende kennis gegee oor die universiteitsaansoekproses, sowel as die studentelewe."