Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Rollover 2023
SUNLearn 2023 Module Oorrol
Outeur: Thys Murray
Gepubliseer: 14/11/2022

Beste SUNLearn fasiliteerders (25-11-2022)

Inhoud van alle geregistreerde modules is nou oorgedra na hul dienooreenkomstige 2023 module spasies en alle personeel is gelaai vir die 2023 weergawes van hul 2022 modules.

Neem asb. kennis van die volgende:

  • Alle 2023 modules is gestel om van 1 Januarie tot 31 Desember 2023 beskikbaar te wees. Dit beteken dat die modules tot volgende jaar onder die Future kategorie in jou Instrumentpaneel (Dashboard) sal vertoon waarna dit dan na die In progress kategorie sal skuif.
  • Om die oorrol proses meer lynbevaart te maak, is alle 2023 modules by verstek gestel met die Edwiser tema. Jy kan steeds die uitleg na enige formaat van voorkeur verander deur by die module se verstellings in te gaan en die uitleg van jou keuse te kies onder Course format.
  • Indien jy nie beplan om die 2022 inhoud in 2023 te gebruik nie kan die inhoud ’n item of topic op ’n slag uitgevee word.
  • Alle 2023 modules is tans versteek vir studente, maar ons sal dit nader aan die begin van klasse sigbaar maak (Gesondheidswetenskappe sal sigbaar wees vir die begin van hul klasse).
  • 2022 modules sal tot ten minste Maart 2023 aan studente beskikbaar wees, maar sal in die Past kategorie gelys word vanaf 1 Januarie 2023.

Vriendelike groete

Die Leertegnologieë Ondersteuning- (SUNLearn) span
https://learnhelp.sun.ac.za
021 808 2222


Beste SUNLearn fasiliteerders (12-11-2022)

Dit is weer sulke tyd van die jaar om 2022 af te sluit en te begin met die oorrol proses om modules vir 2023 te aktiveer. Soos tevore word alle geregistreerde 2023 modules reeds op SUNLearn geskep sonder om versoek te word. Studente word dan tydens registrasie outomaties vir hierdie modules gelaai en dosente kan besluit of hulle van die module spasie gebruik wil maak of nie.

Ten opsigte van die inhoud:

  • Alle inhoud (behalwe Turnitin skakels) van alle geregistreerde 2022 modules word oorgedra na hul dienooreenkomstige 2023 module. Al hierdie modules word van studente versteek tot die aanvang van klasse (Gesondheidswetenskappe se modules word vroeër sigbaar gemaak vir wanneer hul studente begin). Indien inhoud steeds ná die aanvang van klasse versteek moet wees (bv. in die geval van tweede semester modules), kan dit per item of per onderwerp / afdeling (topic / section) geskied.
  • Alle personeel word vir 2023 modules gelaai soos hulle vir 2022 gelaai was.

Deur vooraf hierdie proses so te benader verwag ons om bykans die hele oorrol proses in die kortste tyd moontlik af te handel.

  • Ons is egter natuurlik daarvan bewus dat nie alle fasiliteerders die vorige jaar se inhoud oorgedra wil hê nie. In hierdie geval stel ons voor om die inhoud per item of per onderwerp / afdeling te versteek.
  • Indien ander modules se inhoud vereis word, bv. 2021 inhoud, in stede van 2022, kontak die Leertegnologieë hulptoonbank.
  • Indien enige fasiliteerders gelaai of verwyder moet word, kontak die Leertegnologieë hulptoonbank.
  • Indien ’n module se kode verander het sal ons nie die 2022 inhoud na die nuwe 2023 kode kan oordra nie. Kontak asb. die Leertegnologieë hulptoonbank om ons in kennis te stel van enige kode veranderings.
  • Ons gaan nie nie-geregsitreerde modules (modules wat nie in die jaarboek verskyn nie) oorrol nie. Versoek asb. die oorrol van hierdie modules nadat die oorrol proses afgehandel is deur die Leertegnologieë hulptoonbank te kontak.

Die proses gaan nou as volg verloop:

  1. Ons is tans besig om alle inhoud van 2022 na 2023 oor te dra.
  2. Sodra hierdie klaar is sal ons alle 2022 fasiliteerders vir die 2023 modules laai.

Elke stap in die proses sal op die SUNLearn Instrumentpaneel (Dashboard) bekendgemaak word.

Vriendelike groete

Die Leertegnologieë Ondersteuning- (SUNLearn) span
https://learnhelp.sun.ac.za​
021 808 2222