Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Francois van Coke, wynmakers by Maties Soirée
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 16/08/2022

Is jy gereed vir 'n bietjie heupswaai op die maat van lekker musiek op 'n Lente Vrydagmiddag? Bespreek dan jou kaartjie vir die Maties Soirée wat op Vrydag 9 September om 14:00 by die Alumni-klubhuis by Die Stal, Coetzenburg plaasvind.

Die Maties Soirée​ bring 'n keur van wynmaker-alumni insluitend Tokara, De Grendel, La Motte, Paul Cluver, Cederberg, en meer, byeen vir 'n proesessie van hulle beste wyne. Vir diegene wat iets nie-alkoholies verkies, sal The Raw Berry Press ook daar wees om van hulle uithaler- koudgeperste sappe te bedien. Terwyl jy met sowel bekende as nuwe gesigte kuier, word jy bederf met 'n aand van eersterangse vermaak deur die bekroonde musikant, Francois van Coke. 

Maak jou oë toe en verbeel jou die Bolandse lente, heerlike kosgeure in die lug, en net die beste geselskap ... Kry nou jou vriende bymekaar en maak daardie verbeeldingsvlug 'n realiteit.

  • Om jou plek te verseker, bespreek nou jou kaartjie by https://bit.ly/3vMge5J.  Kaartjies kos R150 per persoon en sluit 'n spesiale glas en proekoepon in.

Hierdie geleentheid vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat van Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September op die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse plaasvind. Jy kan allerhande sosiale netwerkgeleenthede, kampustoere, 'n sakeontbyt, sportaktiwiteite en reünies in die loop van die naweek verwag.

KLIK HIER vir die volledige Tuiskomsprogram en bespreek jou plek. Enige vrae? Stuur gerus 'n e-pos aan homecoming@sun.ac.za of skakel +27 21 808 2710.