Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nabetragting oor 2021
Outeur: Prof Hester C. Klopper, Deputy Vice-Chancellor: Strategy, Global and Corporate Affairs​
Gepubliseer: 13/12/2021

​Aan die einde van 2021 kyk ons terug na nog 'n jaar waarin ons die uitdagings kon hanteer wat die Covid‑19‑pandemie stel. Met die ondervinding wat ons in 2020 opgedoen het, kon ons nuwe weë aanpak rakende internasionalisering in 'n post-pandemiese konteks.

Soos vele ander instellings oor die wêreld heen het ons talle lesse in die afgelope 18 maande geleer en verskeie innoverende werkswyses geïmplementeer, en aspekte voortgesit wat werk, terwyl ons baanbrekerswerk kon doen met nuwe werkswyses, veral wat ons vennootskappe wêreldwyd betref.

Die US kon die afgelope jaar heelwat bereik deur voortgesette betrokkenheid by die hoër onderwys wêreldwyd, gelei deur ons Internasionaliseringstrategie. Ons het na 'n hibriede studentemodel beweeg want ons glo die verkryging van globale vaardighede is relevant vir ons gegradueerdes. Ons is trots op die talle onderrig- en leergeleenthede wat ons kon ontsluit. Boonop het dit ons visie ondersteun om die toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees.

Ons het groei in ons internasionale vennootskappe gesien, en ons omvattende Vennootskapsraamwerk het dit goed ondersteun. Hierdie raamwerk is gerig op bilaterale vennootskappe met hoëronderwysinstellings en verwante internasionale onderwysorganisasies. Ons gaan voort met die raadpleging van ons vennote op virtuele vergaderings en ons beïnvloed die netwerke waarvan ons deel is. Die gretigheid om wêreldwyd te skakel en saam te werk het instellings se formulering van interaksies gewis vergemaklik en veralgemeen.

Ons kon ook verseker dat ons personeellede voortdurend gebaat word deur die voordele van globale ondervinding van die hoër onderwys.

In 2021 het ons fokus op die res van Afrika verseker dat ons kon vorder met ons taak om ons kontinentale voetspoor te vergroot, en gevolglik bly die US wêreldwyd 'n gesogte vennoot deur die instelling se geografiese ligging in Afrika.

Namate ons na 2022 beweeg, wil ons graag ons globale verbintenisse voortsit en versterk, en ons gewaardeerde vennote ingelig hou oor die nuwe ontwikkelings wat vir volgende jaar beplan word.

  • Prof Hester C. Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake