Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Skryflab: Deeltydse skryfkonsultantposte vir 2022
Outeur: Anne-Mari Lackay
Gepubliseer: 18/10/2021

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Taalsentrum nooi nagraadse studente, wat by die US geregistreer is, uit om aansoek te doen om deeltydse skryfkonsultantposte by die Skryflab vir 2022. Die aansoeke deur M- en D-studente sal voorkeur geniet.

 

Ons moedig studente uit alle fakulteite aan om aansoek te doen.

 

Skryfkonsultante se pligte sluit die volgende in:

 

  • Individuele konsultasies met studente oor hul skryfwerk
  • Deelname aan die opleidingsprogram vir skryfkonsultante
  • Hulp met die bemarking en profilering van die Skryflab se konsultasiediens
  • Bywoning van gereelde vergaderings/gesprekke met die hoof van die Skryflab

     

    As jy tweetalig in Afrikaans en Engels is, kan dit voordelig wees, maar dit is nie 'n vereiste nie.

     

    Rig navrae aan Anne-Mari Lackay (amlackay@sun.ac.za). E-pos jou CV aan Anne-Mari.

     

    Aansoeke sluit op 15 November 2021.