Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Groeiende vennootskappe vir ’n globale reikwydte
Outeur: SU International
Gepubliseer: 06/10/2021

Toe die pandemie uitbreek, het US Internasionaal se werk om die Universiteit se netwerk internasionale vennootskappe uit te brei allermins gestop. Deur die aanlyn ruimte so goed moontlik te benut om uit te reik en wêreldwyd bande te bou, het die Universiteit daarin geslaag om sy getal vennootskappe in alle streke te verhoog (sien figuur 1 hieronder).

 1growth1.png

Figuur 1: Toename in vennootskappe volgens streek, 2018–2021 (soos in Januarie 2021)

 

Dít was ongetwyfeld grotendeels danksy 'n sterk klem op ons Internasionaliseringstrategie en die gepaardgaande Vennootskapsraamwerk. Ons verbind ons in doelwit 4 van die strategie daartoe om hegte verhoudings met ons internasionale belanghebbendes te bou deur funksionele skakeling, aktiewe samewerking, en wedersyds voordelige, aanvullende, wederkerige en transformerende vennootskappe.

 

'n Verdere rede vir die streeksgroei in figuur 1 was dat instellings wêreldwyd in hierdie tydperk op internasionalisering gekonsentreer het. Die gretigheid om internasionaal te skakel en saam te werk het dit beslis makliker en meer algemeen gemaak vir instellings om hulle interaksies te formaliseer.

 

Die aansienlike verskil tussen die getal vennootskappe met Europa en met die ander wêreldstreke is nie net toe te skryf aan die US se historiese bande met die Europese vasteland nie, maar ook ons Afrikaligging. Die vernuwende navorsing wat op ons vasteland onderneem word, en die ongelooflike praktiese impak wat dit op ons mense het, maak Afrika net méér aanloklik. En met die US se uitnemendheid in navorsing en bestaande bande en netwerke op die vasteland, kan die instelling as 'n promotor en koördineerder van samewerking oor die hele Afrika optree.

 

Benewens wêreldwye samewerking op streeksvlak, maak ons Vennootskapsraamwerk ook voorsiening vir vennootskappe op fakulteits-/departementele vlak (sien figuur 2).

1Growth2.pngFiguur 2: Toename in vennootskappe op fakulteits-/departementele vs institusionele vlak, 2018–2021 (soos in Januarie 2021)

 

Vennootskappe op fakulteits-/departementele vlak ondersteun oor die algemeen spesifieke navorsingsamewerking in 'n akademiese omgewing. Hoewel hierdie samewerkings na baie van dieselfde kenmerke as 'n institusionele vennootskap streef, bied dit die betrokke akademiese entiteit heelwat meer seggenskap en direkte beheer.

 

Nogtans wil ons nie net ons getal vennootskappe uitbrei nie. In plaas daarvan, konsentreer ons daarop om verhoudings te versterk wat méér as 'n blote aktiwiteit fasiliteer (transaksioneel), maar ook 'n werklike impak en transformasie by albei vennootinstellings teweegbring (transformerend). Kenmerke wat 'n goeie balans tussen transaksioneel en transformerend verseker, sluit in: