Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die probleem met toetse waarvoor daar beperkte tyd toegelaat word en wat gesit en skryf moet word: Die assessering van taal
Outeur: Anthea Jacobs
Gepubliseer: 14/05/2021

Virtuele Seminaar 2 van 4 oor Leer- en Onderrigverryking: 13 Mei 2021

Onderwerp

Die probleem met toetse waarvoor daar beperkte tyd toegelaat word en wat gesit en skryf moet word: Die assessering van taal

Aanbieder

Prof Christa van der Walt

“Gebruik die aanname dat studente eerlik is, as vertrekpunt."

Dit was die boodskap van Professor Christa van der Walt, professor in die Departement Kurrikulumstudies en Vise-dekaan: Navorsing, Fakulteit Opvoedkunde, in die tweede van ʼn reeks van vier virtuele seminare wat deur die Afdeling Leer- en Onderrigverryking aangebied word. Die tema vir die Virtuele Leer- en Onderrigverrykingseminare (L&O) vanjaar is “Assessering". 

Professor van der Walt se verbintenis tot hierdie tema blyk duidelik uit haar verkenning van assessering as waarskynlik die moeilikste aspek om tydens aanlyn leer, onderrig en assessering te bestuur. Gedurende haar praatjie het sy verwys na van die probleme met die assessering van taalverwante onderwerpe. Vanuit haar perspektief van opleiding van taalonderwysers is haar argument dat tradisionele toetse waarvoor daar beperkte tyd toegelaat word en wat gesit en skryf moet word, met hul eie uitdagings gepaard gaan wat versluier word deur hul bekendheid en ons weerstand teen verandering. Sy het voorts die problematiek van assessering van taalonderrig en -leer verduidelik in die konteks van internasionale perspektiewe op die geldigheid en betroubaarheid van aanlyn assesserings.

Daar was entoesiastiese deelname deur die teenwoordige kollegas, veral oor die vraag: hoe weet ons dat studente aanlyn toetse hulself aflê?​​ Dit het gelei na 'n bespreking van kontroversiële praktyke soos toesighouding en 'outomatiese' assesserings.

Professor van der Walt het ter opsomming die volgende aangebied vir die pad vorentoe: (1) Verander die perspektief dat studente oneerlik is; (2) Implementeer 'n erestelsel gerugsteun deur 'n streng dissiplinêre kode met ernstige gevolge; en (3) Fokus daarop om studente beter te leer ken deur buigsame kontak in kleiner groepe in plaas van 'n fokus op slegs buigsame assessering.

Die terugvoer van deelnemers was positief, byvoorbeeld “Bekendstelling aan 'n oorsig van medelydende assessering"; “Interessante onderwerp – sluit goed aan by die huidige sentimente en debatvoering op die US kampus"; en “Uitbreiding van die argument verder as taalonderrig en -leer" dui aan dat deelnemers die seminar interessant en waardevol gevind het.

Meer inligting oor en toegang tot die opname van hierdie seminaar is hier beskikbaar.