Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SUNFin implementering uitgestel tot 2022
Outeur: Finance
Gepubliseer: 30/04/2021

Die implementering van SUNFin, die Universiteit Stellenbosch se nuwe finansiële stelsel, is uitgestel tot 2022 nadat die Rektoraat dit in April goedgekeur het. Die oorskakeling na die nuwe stelsel sal nou plaasvind ná SUNStudent  se implementering en bepaal word deur die Iterasie 3-oorsig en 'n gedetailleerde herbeplanningsoefening.

"Ondanks 'n uitdagende eerste paar maande van hierdie jaar, met die verwagte druk op ons projekbronne weens ons finansiële jaareinde en 'n eksterne oudit, bly die SUNFin-projekspan toegewyd en gefokus om hul gestelde doelwitte en projektydlyne te bereik," sê Manie Lombard, Hoofdirekteur Finansies.

Manie het gesê dat, ondanks die beste pogings van die span, het 'n gedetailleerde beplanningsoefening gedurende Februarie en Maart vanjaar getoon dat hulle nie die vereiste aktiwiteite sou voltooi om op 1 Julie 2021, soos aanvanklik beplan is, die nuwe stelsel te implementeer nie.

Die projekspan berei tans voor vir Iterasie 3 van die OCF-stelsel. Dit sal 'n opgedateerde stel US-data en die stelselkonfigurasies bevat wat tydens die Iteration 2-oorsig geïdentifiseer is. Die doel van die oefening is om soveel as moontlik van die huidige uitstaande kwessies en bekommernisse van die Finance Subject Matter Experts (SME's) rakende die OCF-stelsel aan te spreek en om die vertroue in en kennis van die nuwe stelsel te verhoog om aan die Universiteit se vereistes te voldoen.

Volgens Manie gaan die beplande IKT-integrasiewerk en data-skoonmaakinisiatiewe voort. Daarbenewens bly die aanpassing van die organisasie-struktuur en rolle en verantwoordelikhede van die Afdeling Finansies 'n deurslaggewende fokus vir die Finansiële leierskapspan.

"Die nuwe SUNFin go-live datum in 2022 sal saam met 'n opgedateerde projekplan gekommunikeer word sodra die datum bevestig is."