Dr Monique Nsanzabaganwa, 'n alumnus van die Universiteit Stellenbosch, is die eerste vrou wat verkies is tot adjunkvoorsitter van die Afrika-unie. Dr Nsanzabaganwa het beide haar Meesters- en PhD-grade in Ekonomie aan die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe van US voltooi.
'n Artikel met die titel Dr Monique Nsanzabaganwa, the African Union's First Female Deputy Chairperson deur Kristi Pelzel, is op 19 Februarie 2021 op Medium.com (onder Global Perspectives) gepubliseer.
- Foto: Dr Monique Nsanzabaganwa het haar PhD-graad in Ekonomie in Desember 2012 aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.