Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studie toon superioriteit van langdurige inspuiting vir MIV voorkoming
Outeur: Media statement / Mediaverklaring - HPTN
Gepubliseer: 20/01/2021

Die uitslae van ʼn groot multinasionale kliniese proef wat pre-bloodstelling profilakse (PrEP) vir MIV bestudeer het aangedui dat ʼn langdurige inspuiting veilig en beter was as die daaglikse mondelikse regimen. Die Desmond Tutu TB-sentrum by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch, is deel van die MIV-voorkomingsproewe Netwerk (HIV Prevention Trials Network, HPTN) wat die navorsing by 20 persele in sewe Afrika-lande doen.

Data van die HPTN 084 kliniese proef toon dat die PrEP-regimen van die langdurige cabotegravir (CAB LA) -inspuiting eenmaal elke agt weke veilig en meer effektief is as om daagliks tenofovid/emtricitabie (FTC/TDF) mondeliks te neem vir MIV-voorkoming by cisgender vroue in Afrika Suid van die Sahara. Tydens ʼn beplande oorsig van die studie-data het ʼn onafhanklike Data en Veiligheidsmoniteringsraad die studie studieborg – die Nasionale Instituut vir Allergie en Infeksiesiektes (NIAID), deel van die Amerikaanse Nasionale Institute vir Gesondheid – aangeraai om die blinde arm van die studie te staak en die resultate te deel. Die studie is oorspronklik ontwerp om tot 2022 voort te gaan.

Die NIAID het die moniteringsraad se aanbeveling aanvaar en deel nou die resultate in die belang van openbare gesondheid. Die navorsers sal so gou as moontlik meer gedetailleerde inligting oor die studie bevindinge, insluitende meer omvattende data, verskaf. Die HPTN 084-studie word gedeeltelik befonds deur ʼn unieke vennootskap tussen NIAID, die Bill & Melinda Gates-stigting, en ViiV Healthcare. Die middels vir die studie word verskaf deur ViiV Healthcare en Gilead Sciences, Inc.

“Die uitslae van die HPTN 084 is ontsaglik belangrik vir vroue in Afrika waar die afname in MIV-voorkoms ʼn prioriteit is," het dr Sinead Delany-Moretlwe gesê. Sy is die HPTN 084 se protokol-voorsitter, die direkteur van navorsing by die Wits Voortplantingsgesondheid en MIV-instituut, en ʼn navorsingsprofessor by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg, Suid-Afrika. “Ons weet dat dit uitdagend is om daagliks tablette te neem, en ʼn doeltreffende produk soos die langdurige CAB ʼn baie belangrike bykomende MIV-voorkomende opsie vir hulle is. Ons is dankbaar vir die vroue vrywilligers vir hierdie studie en die navorsingspersoneel, aangesien hierdie studie nie moontlik sou wees sonder hulle toewyding tot die voorkoming van MIV nie."

HPTN 084 het altesaam 3 223 cisgender vroue deelnemers by navorsingspersele in Botswana, Eswatini, Kenia, Malawi, Uganda, en Zimbabwe gehad. Die gemiddelde ouderdom van studie deelnemers was 26 jaar en 57% van deelnemers was 18-25 jaar oud. Twee-en-tagtig persent van die vroue deelnemers het nie saam met ʼn maat gewoon nie, 55% het twee of meer maats in die afgelope maand aangemeld, en 34% het ʼn primêre maat aangemeld wat met MIV leef, of onkundig was oor hulle MIV-status.

Daar was altesaam 38 MIV-infeksies by opvolg, met vier infeksies in die CAB LA-arm (voorkomskoers van 0.21%) en 34 infeksies in die FTC/TDF-arm (voorkomskoers van 1.79%). Die gevaar-ratio in die CAB LA versus FTC/TDF-arm was 0.11 (95% CI 0.04-0.32). Daar was ʼn ongeveer nege-maal hoër voorkoms van MIV-infeksie in die FTC/TDF-arm as in die CAB-arm. Hierdie resultate voldoen aan die statistiese kriteria vir die superioriteit van CAB LA in vergelyking met die FTC/TDF in die HPTN 084-studiebevolking. Die vlak van inskiklikheid tot die FTC/TDF was hoër as verwag deur die loop van die studie en die algehele lae voorkomskoers in albei arms van die studie toon dat al twee middels hoogsdoeltreffend was in die voorkoming van MIV-infeksie.

“Na jarelange evaluering van MIV-voorkomingstrategieë vir vroue is ek opgewonde dat ons bevind het dat CAB LA so doeltreffend MIV-infeksie verlaag en meer opsies aan vroue bied om hulleself mee te beskerm," het dr Mina Hosseinipour, die medevoorsitter van die HPTN 084 protokol gesê. Sy is ook ʼn professor in geneeskunde by die Universiteit van Noord-Carolina (UNC) by Chapel Hill se Skool vir Geneeskunde en die wetenskaplike direkteur van UNC se Projek-Malawi in Lilongwe, Malawi.

Verlede jaar het die HPTN 083 kliniese proef bevind dat ʼn PrEP-regimen wat die CAB LA-inspuiting bevat wat eenkeer elke agt weke toegedien word ook beter was as die daaglikse mondelikse FTC/TDF vir MIV-voorkoming in cisgender mans en transgender vroue wat seks het met mans.

“Die resultate van HPTN 084 tesame met die HPTN 083-uitslae is bewyse van hoe ver ons gekom het in die geveg teen MIV," het dr Myron Cohen gesê, die HPTN se mede-hoofnavorser en direkteur van die Instituut vir Globale Gesondheid by die Universiteit van Noord-Carolina in Chapel Hill. “ʼn Hoogsdoeltreffende produk soos CAB LA wat nie ʼn daaglikse pil vereis nie kan belangrik wees vir die beëindiging van die wêreldwye epidemie."

“Die HPTN is opgewonde oor hierdie uitstekende resultate, dit is ʼn mylpaal in die voorkoming van MIV in vroue," het dr Wafaa El-Sadr gesê, HPTN se mede-hoofnavorser, direkteur van ICAP en professor in epidemiologie en geneeskunde by Columbia Universiteit in New York. “Hierdie bevindinge motiveer voortdurende evaluering van die veiligheid van CAB LA in adolessente, ʼn groep met ʼn beduidende risiko vir MIV-infeksie. Deur die veiligheid van CAB LA in adolessente te definieer sal dit hopelik lei tot vinniger toegang tot CAB LA, sodra dit goedgekeur is vir gebruik as PrEP."

 

Meer oor HPTN

Die MIV-voorkomingsproewe Netwerk (HPTN) is ʼn wêreldwye samewerkende kliniese proewe netwerk wat navorsers, etikusse, lede van die gemeenskap en ander vennote byeen bring om die veiligheid en doeltreffendheid van intervensies te toets wat ontwerp is om die opdoening en oordrag van MIV te verhoed. NIAID, NIMH, Kantoor van Die Direkteur, en NIDA, almal deel van die NIH, is medebefondsers van die HPTN. Die HPTN het met meer as 85 kliniese navorsingspersele in 19 land saam gewerk om nuwe MIV-voorkomingintervensies en -strategieë te evalueer in bevolkings met ʼn disproporsionele infeksie-las. Die HPTN se navorsingsagenda – meer as 50 proewe aan die gang of voltooi met meer as 161,000 deelnemers gevalueer – fokus grootliks op die gebruik van geïntegreerde strategieë: die gebruik van antiretrovirale middels (antiretrovirale terapie en pre-bloodstelling profilakse); intervensies vir middel misbruik, veral dwelms wat ingespuit word; gedrags risiko-verminderingsintervensies en gestruktureerde intervensies.