Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vierde PSL-wedstryd Dinsdag op Danie Craven-stadion
Outeur: Innovus
Gepubliseer: 10/12/2020

​Die Universiteit Stellenbosch bied vierde PSL-sokkerwedstryd in die Danie Craven-stadion aan. Die wedstryd tussen Stellenbosch FC en Cape Town City FC vind op Dinsdag, 15 Desember 2020 om 19:30 plaas.

As jy van die parkeergeriewe by Coetzenburg gebruik maak, moet jy asseblief jou personeel- of studentekaart op die dag byderhand hê vir veiligheidstoegangsbeheer. Weens COVID-19-regulasies word geen toeskouers by die geleentheid toegelaat nie, en daarom sal daar geen impak op reistyd of verkeer wees nie.​