Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Armoede neem toe terwyl die Covid-19-impak onverpoos voortduur
Outeur: Prof Servaas van der Berg
Gepubliseer: 11/05/2020

Die artikel, Poverty rises, inequality shifts as Covid-19 impact continues unabated, deur prof Servaas van der Berg is op 10 Mei 2020 deur News24 gepubliseer.

 

Baie moet terugval op daardie bekende laaste uitweg in Suid-Afrika, naamlik die uitgebreide familie. Dit sal tyd verg voordat die volle uitwerking van Covid-19, die grendeltydperk en die resessie duidelik word, skryf Servaas van der Berg.

Die tentakels van Covid-19 is oral. Uit 'n ekonomiese perspektief het dit 'n direkte uitwerking op die behoefte om die gesondheidstelsel te versterk en uit te brei. Maar die indirekte ekonomiese impak is veel groter weens die grendeltydperk en al die gepaardgaande gevolge, asook die wêreldwye resessie wat selfs na afloop van die grendeltyd sal voortduur.

Sommige ekonome voorspel reeds 'n afname van 10% in ekonomiese aktiwiteite vanjaar, en selfs dit kan optimisties wees.​

  • Kliek hier om die volledige artikel te lees.

  • Prof Servaas van der Berg is 'n uitgelese hoogleraar verbonde aan ReSEP (Research on Socio-Economic Policy), Departement Ekonomie, Universiteit Stellenbosch.

  • Foto: Bill Wegener op Unsplash