Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin sessie met Jerall Toi en Jerusha Naidoo
Outeur: CTL/SOL
Gepubliseer: 09/03/2020

Hiermee nooi SOL u graag na ’n etensuur sessie as deel van die Auxin-projek. Die Auxin-projek se doel is om groeigeleenthede vir US-dosente te skep.

Aanbieders: Jerall Toi, Senior Institusionele Inligtingsbeampte, en Jerusha Naidoo, regskenner in US se afdeling vir Institusionele Inligting.

Jerall kan homself soms voorstel as ‘n professionele werker in privaatheid, en dan sommer dadelik ook noem dat privaatheid nie regtig ‘n professie is nie. Hy word soms gevra of hy ‘n prokureur is (nee hy is nie).  Privaatheidswerk maak gebruik van en koordineer verskeie ander professies en disciplines.  Jerall se loopbaan is vol jargon uit IT en ouditeringsfirmas, deeltydse ontwikkeling van rekenaarspeletjies, en raadslidmaatskap van ’n nie-winsgewende tegnologiese entiteit.

Jerusha vervul verskeie rolle, ook tans die van ‘n nie-praktiserende prokureur.  Haar agtergrond sluit in algemene regspraktyk en konsultasie oor nakoming en die reg. Sy geniet goeie koffie en kos en ook privaatheidsreg as ‘n ontluikende veld wat alle disciplines betrek. 


Titel van Aanbieding: Privaatheid, wetgewing en innoverende onderrigpraktyk

Opsomming (“Blurb”) (met inbegrepe van Gevolgtrekkings en Implikasies vir Onderrig en Leer @US): Privaatheid is ‘n mensereg.   Hoe gee ons gestalte aan daardie reg as akademici in a klaskamer? In hierdie sessie gaan Jerall en Jerusha ‘n paar mites oor privaatheid ontmasker.  Hulle sal ook die US se metodologie vir privaat-impak uiteensit.  Dit is die resultaat van die afdeling vir Institusionele Inligting se navorsing en hulle wend dit nie aan as ‘n las wat nagekom moet word nie, maar as bemagtiger vir innoverende onderrigpraktyke en tegnologieë.

Datum van Aanbieding: 24 Maart 2020

Plek: Den Bosch, Victoriastraat 41 (oorkant Huis Skuilhoek en reg agter die Konserwatorium) op Stellenbosch kampus. 

RSVP asseblief deur Ms Layman te kontak by hierdie nommer, en dui jou dieetbehoeftes aan.

Navrae & RSVP:

Me Juanita Layman

jlayman@sun.ac.za

021 808 3717


Indien u, om watter rede ookal, nie meer die AUXIN kan bywoon nie, versoek ons dat u asseblief u registrasie ten minste 24 uur voor die tyd kanselleer, deur Me Nqayi te kontak (kontakbesonderhede hierbo). Daar is sekere kostes verbonde aan elke AUXIN vir SOL, en die versoek is om finansiële implikasies te minimaal te hou.

Na afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se webtuiste: www.sun.ac.za/ctl