Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Allan Gray: Verklaring deur die Universiteit Stellenbosch
Outeur: Development & Alumni / Ontwikkeling & Alumni
Gepubliseer: 13/11/2019

​Die Universiteit Stellenbosch (US) betreur die dood van Allan Gray - entrepreneur, belegger en filantroop - wat so 'n positiewe impak op die lewens van ons studente gemaak het.

Die Allan Gray Orbis-stigting is al sedert 2012 een van ons mees waardevolle vennote wat beursondersteuning aan meer as 50 Maties bied in die wetenskappe, handel, ingenieurswese, geesteswetenskappe en die regte. Benewens beursondersteuning, werk die Stigting nou saam met Innovus, ons innoveringsonderneming, om studente te help en te ontwikkel in die entrepreneuriese ruimte.

Allan Gray sal met dankbaarheid onthou word vanweë sy belegging in die onderwys en die toekoms van Suid-Afrika se jongmense. Ons glo dat sy impak vir generasies vorentoe gevoel sal word soos hierdie studente uitgaan en 'n positiewe verskil in die samelewing maak. ​