Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Rekenaarwetenskaplike lei Depth First Learning-group
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 12/06/2019

Dr. Steve Kroon van die Afdeling Rekenaarwetenskap by die Universiteit Stellenbosch (US), is een van slegs vier kundiges op die gebied van masjienleer ter wêreld wat gekies is om deel te neem aan die 2019 (die eerste ooit) Depth First Learning (DFL) Fellowship.

Depth First Learning is 'n inisiatief wat deur die maatskappy, Jane Street geborg word, en wat ten doel het om kurrikula te ontwikkel ten einde belangrike navorsingsartikels in masjienleer te bemeester, onderwyl 'n studiegroep aangaande die vereiste studiemateriaal aan die gang is. Hierdie navorsingsartikels berus op fundamentele konsepte in wiskunde, statistiek en inligtingsteorie, en genote moet hierdie fundamentele konsepte verstaan alvorens 'n kurrikulum saamgestel kan word.

Met behulp van 'n skenking ter waarde van $4000 USD, sal dr. Kroon die groepskoördineerder wees wat die artikel genaamd: “Variational Inference with Normalizing Flows" deur Danilo Rezende en Shakir Mohamed bespreek.

Nadat Dr. Kroon 'n PhD in Wiskundige Statistiek aan die US verwerf het, het hy in 2008 as dosent by die Afdeling Rekenaarwetenskap aangesluit. Sy navorsing fokus op statistiese leerteorie, so wel as Bayesiaanse metodes, soektog- en teenstandersoektogtegnieke, besluitneming en beplanning onder onseker omstandighede, en masjienleer. Hy het ook 'n diploma in Aktuariële Tegnieke en is lid van die Sentrum vir navorsing in kunsmatige intelligensie (CAIR).