Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ons #storiesmaaksaak - Jeugdaglesing
Outeur: Helette van der Westhuizen
Gepubliseer: 11/06/2019

Die stories wat ons generasie jongmense in Suid-Afrika vertel, en die stories wat ons leef, klop nie – ons het nuwe stories nodig, aldus me. Lovelyn Nwadeyi, hoofspreker by die Fakulteit Teologie se vierde jaarlikse jeugdaglesing wat vanjaar op Vrydag 17 Mei 2019, plaasgevind het.

 Die Transformasiekantoor aan die US is vanjaar betrek met  groter betrokkenheid deur die breër kampus. Leerders van Kayamandi Hoërskool het ook die oggend bygewoon.

Die titel van Lovelyn se toespraak was Born Free's and Democracy - Freedom and Responsibility. Sy het haar toespraak begin deur die krag van stories te beklemtoon met 'n aanhaling deur Prof Emmanuel Katongole: "Stories vorm nie net hoe ons die werklikheid beskou nie, maar ook hoe ons op die lewe reageer en ook die soort persone wat ons word."

Alhoewel sy die term "Born Free's" verwerp omdat sy dit beskou as as 'n manier waarop die werklike griewe van jongmense en veral jong Suid-Afrikaners van kleur geminimaliseer en selfs stilgemaak word, is hierdie generasie Suid-Afrikaners die eerste generasie vir wie dit normal is om demokrasie te beoefen. Niks is veronderstel om in die pad te staan van hierdie generasie se stemreg en hul reg om politieke voorkeure uit te oefen nie.

Volgens Lovelyn moet ons baie meer aktief wees in die keuse van watter soort stories ons met 'ons liggame wil investeer', soos Professor Katongole voorstel. Ons benodig stories wat die dominante verhale uitdaag wat ons huidige werklikheid vorm.

Sy het haar toespraak beëindig met 'n wens vir haar geslag: 'n goeie dosis revolusionêre waansin, intellektuele helderheid en opoffering, liefde en toewyding om die toekoms te skep wat ons vandag wil sien.

Studente aan die Fakulteit het gereageer en, in die lig van die onlangse verkiesings, hul stories en menings oor stemreg gedeel en ook verduidelik waarom die stemproses vir hulle 'n uitdaging was.

Volgens Prof Anita Cloete, jeugwerkdosent aan die Fakulteit Teologie, is die hoofdoel van die jaarlikse jeugdaglesing om op jeugverwante kwessies te fokus deur te besin oor die deelname, van die jeug, of die gebrek daarvan, aan die sosio-ekonomiese, politieke en religieuse sfere van die samelewing, in die verlede en vandag. "Ons is vol vertroue dat hierdie lesing 'n platform skep vir 'n robuuste dialoog oor sake wat jong mense raak en hulle die geleentheid bied om op kreatiewe wyse daaraan deel te neem", want inderdaad, hulle stories – ons #StoriesMaakSaak.