Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nog ’n eredoktorsgraad vir prof Thuli
Outeur: Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie [Asiphe Nombewu]
Gepubliseer: 24/05/2019

Nog 'n doktorsgraad is aan die voormalige Openbare Beskermer en nou die bekleër van die leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid en die Reg aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Regsgeleerdheid, prof Thuli Madonsela, toegeken vir haar aktivisme op die gebiede van sosiale geregtigheid, konstitusionalisme, menseregte, regsorde en goeie oorsigbestuur.

Die graad Doktor in die Regte (LLD), honoris causa, wat Donderdag, 23 Mei 2019 deur die Noordwes-Universiteit (NWU) aan Prof Madonsela toegeken is, is geïnspireer deur haar buitengewone bydraes aan Suid-Afrika op die gebied van geregtigheid, die samelewing, korporatiewe oorsigbestuur en regering.

Ander eredoktorsgrade is deur die Universiteite Stellenbosch, Kaapstad en Fort Hare, asook die Rhodes Universiteit, aan prof Madonsela toegeken.

Onder die ander gesogte toekennings wat sy ontvang het, is die Botswana Lawyers Association erelidmaatskap van die Botswana-balie; die Commonwealth Lawyers Association se Waarheid- en Geregtigheid-toekenning en sy is ook op Time Magazine se lys as een van die top 100 invloedrykste mense in die wêreld.

Sy is in 2016 as Forbes Africa se Persoon van Jaar benoem, en het 'n jaar as 'n Gevorderde Leierskapgenoot by Harvard Universiteit deurgebring. Sy is ook die stigter van die Thuma-stigting, 'n onafhanklike maatskaplike organisasie wat fokus op demokrasie, leierskap en bemagtiging.

“Dit kom al 'n lang tyd aan en ek het gedink die NWU gaan dalk begin dink ek wil nie hierdie graad hê nie, maar ek wou dit hê. Dit was net nie moontlik om dit toe gereël te kry nie. Die toekenning van hierdie graad het aan my 'n platform gegee om met hierdie universiteit oor maatskaplike geregtigheid en met die wêreld te praat," het prof Madonsela na afloop van die gradeplegtigheid aan die media gesê.

Prof Madonsela het reeds buitengewone bydraes op die gebied van geregtigheid, die samelewing, korporatiewe oorsigbestuur en regering gelewer.

Foto deur Stefan Els.