Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Boek ondersoek armoede en ongelykheid
Outeur: Val Boje, Pretoria News
Gepubliseer: 29/04/2019

​Die volgende artikel deur Val Boje is op 26 April 2019 in die Pretoria News gepubliseer:


 

In die lig van die viering van 25 jaar van 'n demokratiese Suid-Afrika en op die vooraand van die verkiesing op 8 Mei, kon die tydsberekening van 'n boekbekendstelling vandeesweek by die Universiteit van Pretoria (Tuks) nie beter en meer toepaslik wees nie.

Die boek met die titel Poverty & Inequality: Diagnosis, Prognosis, Responses is deel van die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) se reeks State of the Nation. 'n Verskeidenheid akademici en kundiges het bydraes gelewer wat daarop gemik is om lesers tot "nadenke en konstruktiewe kritiek oor politieke denkrigtings" te stem. Die redakteurs is Crain Soudien, Vasu Reddy en Ingrid Woolard.

In sy inleiding sê Reddy, dekaan van die Fakulteit Geesteswetenskappe by Tuks, die boek ondersoek belangrike en ingewikkelde vraagstukke oor armoede en ongelykheid.

Om die volledige artikel te lees, kliek hier.

  • Foto deur Val Boje, Pretoria News:
    Die redakteurs van Poverty & Inequality, 'n deel van die State of the Nation-reeks van die Raad op Geesteswetenskaplike Navorsing, professors Vasu Reddy van die Universiteit van Pretoria (links), Ingrid Woolard, Universiteit Stellenbosch, en Crain Soudien, RGN.