Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerste US Aansoekdag
Outeur: Division for Student Access / Afdeling Studentetoegang
Gepubliseer: 26/03/2019

Op Dinsdag 26 Maart 2019 het die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies (SSW) die universiteit se eerste aansoekdag vir voornemende studente aangebied. Die SSW in vennootskap met die Kontak- en Klientedienssentrum het 40 van die 2018 Careers@Maties-leerders bygestaan met hulle aansoek by die Universiteit Stellenbosch (inname 2020).

Careers@Maties is 'n gratis psigometriese assessering vir top graad 11 leerders (en hul ouers) van aangewese skole, wat deur die SSW se loopbaanvoorligting sielkunidge, Mnr Hambly Matthews, getoets word. Die assessering word gevolg deur 'n individuele terugvoersessies met die leerders en ouers.

Skole wat deelgeneem het aan die dag sluit in: Islamia Kollege, New Orleans Sekondêr, Schoonspruit Sekondêr, Kasselsvlei Sekondêr, Gordon HS, Malibu HS, Luckhoff HS, Livingston HS, Belgravia HS, Noord-Paarl Sekondêr, Mondale HS, Strand Sekondêr en Franschhoek HS.

Terugvoer van leerders:
"Ek sien uit daarna om 'n student by die Universiteit Stellenbosch te wees"
"Ek hou baie van die sosiale “vibe" en die Universiteit Stellenbosch sal my help om uit my gemaksone te kom."
"Die Universiteit Stellenbosch is die beste akademiese instelling"

Terugvoer van 'n ouer:
"Die diens wat ons van die Universiteit Stellenbosch ontvang het is van uitstaande gehalte. Personeel het ons dogter gehelp om 'n ingeligte beroepskeuse te maak sowel as met die aansoekproses. Vandag was so waardevol en ons het baie geleer. Ons is so dankbaar vir die Universiteit Stellenbosch".