Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kom en verken die US se 100 artefakte wat 'n 100 jaar verteenwoordig
Outeur: Corporate Communication/Korporatiewe Kommunikasie [Rozanne Engel]
Gepubliseer: 01/11/2018

Die unieke uitstalling, “100 Artefakte vir 'n 100 jaar" is Woensdagaand (31 Oktober 2018) by die Universiteit Stellenbosch (US) Museum op die Stellenbosch-kampus geopen. Die uitstalling bied ʼn interessante blik op die 100-jarige bestaan van die US en het diegene wat die geleentheid bygewoon het gefassineer.

Die uitstalling verteenwoordig  verskillende fakulteite, afdelings en aktiwiteite van die US oor die tien dekades. Die 100 artefakte verteenwoordig egter nie 'n spesifieke jaar van die 100 jare of vertel nie 'n kronologiese storie nie. Die datum wat aan elk van die artefakte gekoppel is gee 'n aanduiding van die jaar waarin die voorwerp gemaak is of deur die US gebruik was.

Die uitstalling sluit 'n raakskerm in wat die publiek in staat stel om hul kennis van die US te toets.

Prof Matilda Burden, Senior Kurator: Museumnavorsing, het gesê die items wat vertoon word, het elkeen sy eie unieke storie om te vertel en is direk gekoppel aan die Universiteit. "Dit sal dalk nie 'n voortgesette verhaal van die Universiteit vertel nie, maar elke artefak het 'n storie wat bydra tot hoe ons vandag die Universiteit ken."

By openingsgeleentheid is prof Burden ook met die e'Bosch-erfenisprojek se Ere-toekenning vereer vir haar werk oor die uitstalling en bydrae tot die bewaring van die natuurlike erfenis in die groter Stellenbosch streek.

ArtifactsOpening.jpg

“Ek voel baie geëerd en dankbaar vir die toekenning deur e'Bosch. Ek is veral dankbaar vir die geleentheid van 'n leeftyd wat ek aan die begin van my loopbaan gehad het dat ek in 'n veld so opwindend en interessant en uitdagend as kulturele geskiedenis kon studeer en werk. Dit is ook 'n groot plesier om daardie passie met die Suid-Afrikaanse publiek te kan deel," het sy gesê.

Die US Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, wie met die idee vir die uitstalling vorendag gekom, het gesê dit is belangrik vir die US om oor sy Eeufees na te dink. "Ons is een van Suid-Afrika se oudste hoër onderwysinstellings, maar ons het 'n komplekse geskiedenis. Daar is hoogte- en laagtepunte uit die afgelope 100 jaar en hierdie uitstalling stel ons in staat om beide die prestasies en die lesse uit ons verlede te verken, sodat ons in die volgende 100 jaar saam vorentoe kan beweeg."

  • Die uitstalling by die US Museum in Ryneveldstraat 52 duur tot Junie 2020 en die publiek word aangemoedig om dit te verken. Vir meer inligting oor die uitstalling, skakel prof Matilda Burden by 021 808 2002 of epos mb4@sun.ac.za.

_________________________________________________________________________________

MEER OOR DIE e'BOSCH-ERFENISPROJEK

Die e'Bosch-erfenispojek poog om wedersydse respek en vertroue tussen al die bevolkingsroepe van Stellenbosch en sy omgewing te bevorder deur kulturele aktiwiteite in alle woonbuurte (of 'dorpies') aan te moedig.  Terselfdertyd  word daar gepoog om 'n gemeenskaplike kultuur en dus 'n verenigde toekomstige erfenis te skep deur debat te stimuleer, sportaktiwiteite, omgewings- en plaaslike geskiedenisprojekte, sowel as die kunste aan te moedig.

In die foto is Prof Wim de Villiers, Prof Matilda Burden en Mr Johann Murray van die e'Bosch-erfenisprojek.

Foto deur Stefan Els.