Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Oorstaan van kwalifikasies
Outeur: Corporate Communication/ Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 17/10/2018

​Kandidate wat kwalifiseer om by die Desemberplegtighede grade, diplomas of sertifikate te ontvang, maar wat die verlening daarvan tot die Aprilplegtighede wil laat oorstaan, kan dit reël tref deur die betrokke aansoekvorm daarvoor op www.mymaties.com vóór Vrydag 30 November te voltooi.

Voorgraadse kandidate wat die tweede eksamengeleentheid van 'n module in die Novembereksamens benut en slaag - en dus hulle kwalifikasies outomaties by die gradeplegtighede in April 2019 sal ontvang - hoef nie die vorm te voltooi nie. 

Vorm op www.mymaties.com  (Studies > Afwesigheid van gradeplegtigheid).