Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: STRAFREG 171-VIDEOPROJEK: ʼn STRAFREGDOSENT TOETS NUWE WATERS
Outeur: Anthea Jacobs
Gepubliseer: 06/09/2018

SOL AUXIN SESSIE, 22 AUGUSTUS 2018

te Den Bosch, van 12h45 – 13h45

Dr Mary Nel, senior dosent in Kriminele Reg, Department Publieke Reg in die Regsfakulteit, was die aanbieder by die AUXIN sessie op die 22ste Augustus 2018. Die tema van Dr Nel se aanbieding was “Criminal Law 171 Video Project: Boldly going where no Criminal Law Lecturer has gone before". Haar aanbieding was gegrond in die werk van Cook-Sather (2010:555), wie argumenteer dat “the most engaging, meaningful, and enduring education is that which affords students the opportunity to be actively involved – to be actors in their own learning."

Sy het verduidelik hoe sy in 2017 'n opsionele video-projek in die Kriminele Reg 171 module geïmplementeer het. Hierdie is 'n verpligtite module vir 1ste/2de jaar regstudente. Hulle moes in groepe van vyf werk om 'n 60-90 sekonde video-greep te vervaardig. Die video-greep moes verbeeldingryk, vermaaklik en interessant wees, en moes konsepte, gevalle en vraagstukke in Kriminele Reg illustreer. Video-grepe moes opvoedkundig van aard wees, en moes klasmaats van die reg leer. Evaluering van die video-grepe het klasverband plaasgevind, met pryse vir die beste video-grepe. Laasgenoemde was beskikbaar gemaak op SUNLearn.

Dr Nel het die volgende uitgelig: minimale ekstra werk vir die dosent omdat die inhandiging van die video-grepe vrywillig en student-gedrewe was; assessering het nie baie tyd in beslag geneem nie en was voor-die-hand-liggend; die punt toegeken was 'n alles-of-niks ekstra 2% krediet bygevoeg tot die jaarpunt; en die projek het student-gesentreerde, aktiewe en gesamentlike leer aangemoedig.

Die sessie was deur dosente en ander personeellede van verskillende fakulteite, departemente en ondersteuningsentra bygewoon. Origens het die deelnemers die sessie baie waardevol gevind. Terugvoer wissel van “very practical" tot “Ek gaan die teorie lees en kyk hoe kan ek dit gebruik in my projek."

Die volgende AUXIN sessie vind op 25 September 2018 plaas.

Om na 'n podgooi van die sessie te luister, besoek:  http://www.sun.ac.za/english/learning-teaching/ctl/professional-learning-opportunities-for-t-l/auxin/auxin-resources