Die Suid-Afrikaanse program wat antiretrovirale (ARV) behandeling aan moeders gee om te voorkom dat hulle MIV aan hul babas oordra tydens swangerskap en borsvoeding, word tereg geprys vir die lewens wat dit red. Die in gebruik neming van ARV-middele na die draai van die eeu, het tot ʼn dramatiese afname gelei in die aantal kinders wat met MIV gebore is. In Suid-Afrika het die proporsie babas met MIV sowat 20-maal gedaal van ʼn geskatte 19% in 2004 tot ongeveer 1% in 2016.
Hierdie artikel het oorsponklik op The Conversation verskyn. Lees die volledige artikel hier.