Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Toasties for Tummies weereens ʼn sukses
Outeur: Asiphe Nombewu/ Corporate Communication
Gepubliseer: 27/07/2018

​Personeel en studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) het Vrydag (27 Juile 2018) in die Neelsie op die Stellenbosch-kampus byeengekom om 10 000 toebroodjies te berei by die jaarlikse Toasties for Tummies-geleentheid.

 

Mense met selfone kan hier​ klik om video te sien.

Die geleentheid, wat deur die Golden Key-studentevereniging gereël is, het deel gevorm van die US se Mandela Dag-vieringe. Toasties for Tummies is begin om minderbevoorregte mense te voed, en ook om gemeenskapsvoedselskemas te help en hulle van 'n dag se voedsel te voorsien.

Organisasies wat voordeel trek uit die 2018 Toasties for Tummies, sluit in Love to Give, die Kinderwelsyn, Voeding in Aksie, die Kylemore-liefdadigheidstigting , die New Life-gemeenskapsprojek, die New Superman, die Ark, die Kuyasa-jeugprogram en die Night Shelter.

“Hierdie dag is 'n geleentheid vir personeel en studente om buite die lesinglokale te netwerk en te sosialiseer. Mense sal dalk wonder wat 'n verskil 'n toebroodjie aan iemand se lewe kan maak, maar hulle sal verbaas wees oor hoeveel dit vir die begunstigdes beteken," het Michelle Pietersen, projekbestuurder by die US se Afdeling Sosiale Impak, gesê.

In aansluiting by Pietersen, het Me Rene Hector Kannemeyer, hoof van Maties Gemeenskapsdiens,  gesê: "Vandag was ons verantwoordelikheid om die aktiwiteite rondom Mandela Dag te koördineer. Ons het voedselsekerheid gekies as ons fokus omdat ons weet dat ons bystand sal verleen aan baie organisasies wat kos verskaf aan studente, leerlinge en mense wat nie daagliks toegang tot voedsel het nie."

Die eienaar van die maatskappy wat die inisiatief al meer as drie jaar van Franse polonie voorsien, Zabby Samsoedien, het gesê: “Dit is beslis nie die laaste keer dat ons met die Universiteit Stellenbosch sal saamwerk nie. Ons het 'n goeie rekord en al ons produkte is goedgekeur en duidelik gemerk as veilig om te eet."

Wayne Mckay, 'n bekende skerpskertser-komediant, akteur en radio- en televisiestemkunstenaar, was die seremoniemeester by vanjaar se geleentheid bekend.