Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
In memoriam: Prof JA Matthee
Outeur: Ronél Beukes
Gepubliseer: 02/07/2018

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het met leedwese verneem van die afsterwe gister van prof Johan Matthee, dekaan van hierdie fakulteit van 1996 tot 2001.

Pof Matthee, wat in 1966 by die (destydse) Departement Rekeningkunde aangesluit het, het 'n wesenlike bydrae tot die ontwikkeling van beide die departement en die fakulteit gemaak.

Ons eer sy nagedagtenis.

  • Foto (v.l.n.r.): Voormalige dekane van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe proff Stan du Plessis, Johan Matthee, Estian Calitz en Johan de Villiers saam met me Marie Malherbe by 'n funksie ter viering van die Fakulteit se 90ste bestaansjaar in 2015. As dekaansekretaresse het Marie nou saamgewerk met al hierdie dekane.