Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vier Maties in Junior Springbok-groep
Outeur: Maties Sport Media
Gepubliseer: 23/05/2018

​Die baba-Bokke neem van 30 Mei tot 17 Junie aan die o.20 Wêreldrugbykampioenskap in Frankryk deel.

Al vier spelers was lede van die Maties Young Guns-span wat die Varsitybeker se o.20-toernooi vanjaar vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis gewen het. Sandi en Erasmus het min tyd in die maroentrui spandeer weens beserings, maar Jooste het vier drieë in die finaal gedruk en Dixon is as die speler van die wedstryd aangewys.

Jooste het ook in 2017 vir die junior Springbokke gespeel.

“Dit is my droom om my land op die rugbyveld te verteenwoordig. Om deel van hierdie groep te wees en hierdie geleentheid te kry, is 'n groot seën. Ek wil my Hemelse Vader bedank vir die ongelooflike voorreg om vir die junior Springbokke te kan speel. Ek leef my droom en sal nooit hierdie geleenthede en ervarings as vanselfsprekend aanvaar nie," het Jooste gesê.

Die span sal teen Georgië te staan kom in sy openingswedstryd op Woensdag 30 Mei. Hulle speel op Sondag 3 Junie teen Ierland en op Donderdag 7 Junie teen Frankryk in die uitspeelwedstryde. ​