Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Elsabé Daneel Kommunikasie-werkswinkels
Outeur: Claudia Swart
Gepubliseer: 04/02/2019

ELSABÉ DANEEL KOMMUNIKASIE-WERKSWINKELS

Elsabé Daneel is 'n bekende TV-aanbieder, TV- en fliekakteur en het al verskeie teaterproduksies vervaardig en ook as aktrise daarin opgetree.  Sy is 'n vervaardiger, aanbieder en regisseur van korporatiewe videos asook dokumentêre programme vir kykNET en M-Net.

As kommunikasie- en mediastrateeg, bied sy ook 'n kommunikasie werkswinkel, genaamd Communication IQ, aan.  Hierdie werkswinkels oor kommunikasie- en aanbiedingsvaardighede is vol pret en gemik op korporatiewe kliente, TV- en radio-aanbieders, akteurs, publieke sprekers, opvoeders, studente, akademiese personeel, ens.

Elsabé sal gedurende 2019 twee kommunikasie-werkswinkels vir akademici by Universiteit Stellenbosch aanbied.  Die werkswinkels sal plaasvind op 3 Mei en 28 Augustus.

Die volgende onderwerpe word tydens die werkswinkels bespreek:

•             raak vertroud met kommunikasieterme
•             ontdek die ABC van die kommunikasieproses
•             evalueer jou sterk en swakker punte as kommunikeerder
•             kommunikasiemodelle wat vir jou kan werk
•             ondersoek die tegniese aspekte wat die kommunikasieproses beinvloed
•             herken die rol van persoonlike styl
•             maak die beste van lyftaal
•             eksperimenteer met jou stemvermoë
•             ontspanningstegnieke wat werk
•             jou unieke verbale boodskap
•             bou verhoudings
•             die opneem van video's en podgooie vir gebruik in jou module.

Wanneer:

3 Mei vanaf 13:00 tot 17:30

28 Augustus vanaf 13:30 tot 17:30

Waar:

Den Bosch, 39 Victoria Straat (oorkant Skuilhoek en skuins agter die Konservatorium)

Daar is slegs 10 plekke beskikbaar per werkswinkel.

Kontak asseblief vir Nothemba Nqayi by nothemban@sun.ac.za of 021 808 3717 om jou plek te bespreek.