Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Voornemende studente besoek Fakulteit Opvoedkunde
Outeur: Pia Nänny
Gepubliseer: 26/02/2018

Honderde voornemende student het die Fakulteit Opvoedkunde Saterdag, 24 Februarie, besoek as deel van die Universiteit Stellenbosch se Opedag.

Hulle het die geleentheid gehad om inligting te kry oor die grade en geleenthede wat vir hulle beskikbaar is.

“Jy staan op die punt om een van die belangrikste besluit van jou lewe te neem," het Prof Ronelle Carolissen, Vise-dekaan: Leer en Onderrig by een van die inligtingsessies gesê.

“Daar is baie geleenthede beskikbaar vir jongmense wat onderwysers word. Dit maak die wêreld vir jou oop, plaaslik sowel as oorsee.

“Om 'n onderwyser te word, is een van die belangrikste dinge wat jy kan doen. Enige ander beroep begin met 'n toegewyde onderwyser," het sy afgesluit.

Besoek die Fakulteit se webwerf vir meer inligting: www.sun.ac.za/english/faculty/education