Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ramaphosa moet die heropbou van instellings en ekonomiese beleidmaking verenig
Outeur: Prof Mark Swilling
Gepubliseer: 22/02/2018

Die volgende artikel deur prof Mark Swilling, uitgelese professor van Volhoubare Ontwikkeling aan die Universiteit Stellenbosch, is op 19 Februarie 2018 deur The Conversation gepubliseer.

Die staatsrede wat deur Suid-Afrika se nuwe president, Cyril Ramaphosa, gelewer is, is ontwerp om 'n beeld van hoop en verandering uit te dra. Die nuwe staatshoof het die stryd teen korrupsie beklemtoon, asook beter bestuurstoesig oor ondernemings in staatsbesit, onteiening van grond sonder vergoeding en die herstel van die vervaardigingsektor.

Maar Ramaphosa en sy nuwe span is waarskynlik deeglik daarvan bewus dat die uitdaging wat hulle in die gesig staar die heropbou is van die instellings wat gedurende die Jacob Zuma-era vernietig is. Dit is bevestig deur die aanstelling van 'n nuwe raad vir die kragvoorsieningsmaatskappy Eskom, en 'n kommissie van ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

  • Lees die volledige artikel hier