Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nasionale genootskappe vir onderrigbevordering op universiteit (TAU)
Outeur: Karin Cattell
Gepubliseer: 01/11/2016

​​​​Nasionale genootskappe vir onderrigbevordering op universiteit (TAU)

 

Die genootskapsprogram vir onderrigbevordering op universiteit (TAU) is in 2015 van stapel gestuur as 'n samewerkingsprojek tussen verskeie Suid-Afrikaanse universiteite. Dit staan onder beskerming van HELTASA (die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Leer en Onderrig in die Hoër Onderwys), word deur die Raad op Hoër Onderwys ondersteun en deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding gefinansier.

Doelwitte

  • Om tot die verryking van onderrig en leer in die Suid-Afrikaanse hoër onderwys by te dra deur 'n kader akademici van verskeie instellings en vakrigtings as vakkundiges, leiers en mentors op hulle onderskeie gebiede te help toerus
  • Om die status en statuur van onderrig te versterk en die begrip van onderriguitnemendheid verder uit te bou
  • Om by te dra tot die bepaling van wat onderriguitnemendheid in verskillende institusionele omgewings beteken

Die genootskappe word in tweejaarsiklusse toegeken en elke instelling kan tot drie persone benoem. Benoemdes moet senior dosente wees wat oor ten minste 'n doktorsgraad beskik. 'n Nasionale komitee keur die kandidate.

Vir enige vrae, kontak Karin Cattell (kcattell@sun.ac.za) by die Sentrum vir Onderrig en Leer.

Nasionale TAU-genote by die US*

Ons is besonder trots op die volgende nasionale TAU-genote aan die Universiteit Stellenbosch:

*Kontak ons asseblief indien die inligting hieronder onvolledig is.

2018-2019: 

1.      Dr Berna Gerber
Afdeling Spraak-Taal- en Gehoorterapie
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

2.      Prof Ian Nell
Departement Praktiese Teologie
Fakulteit Teologie

3.      Dr Helena Wessels
Departement Kurrikulumstudie
Fakulteit Opvoedkunde

2016-2017:   

1. Prof Elmarie Costandius 
Departement Visuele Kunste
Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe

2. Prof Ian Couper 
Ukwanda Centre for Rural Health
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheiswetenskappe

3. Prof. Geo Quinot
Departement van Publiekreg
Fakulteit Regsgeleerdheid