Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#helloMaties - Jippie!!!
Outeur: Corporate Communication/ Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 22/01/2018

​Die Universiteit Stellenbosch (US) vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar,en is een van die oudste universiteite in Suid-Afrika.

Die Universiteit het op 2 April 1918 tot stand gekom toe die Victoria Kollege, wat in 1886 gestig is, amptelik as die Universiteit van Stellenbosch gekonstitueer is.

Die Universiteit het aanvanklik vier fakulteite gehad: Lettere, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde en Landbou, met 503 studente en 40 doserende personeellede.  Vandag spog die US met tien fakulteite, 'n bruisende en kosmopolitaanse studente-gemeenskap van meer as 30 000 en sowat
3 000 personeellede versprei oor vyf kampusse.

Om hierdie mylpaal te gedenk, sal die US regdeur 2018 Eeufees-geleenthede aanbied.  Kliek hier vir nadere besonderhede oor die Eeufees.