Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Biblioteekoriëntering
Outeur: Corporate Communication/ Korporatiewe Kommunikasie
Gepubliseer: 18/12/2017

Die US Biblioteek- en Inligtingsdiens bied 'n oriënteringsprogram in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek en takbiblioteke aan.

Die program in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek (nr 4 op die kaart) vind op, 29 en 30 Januarie plaas. Rondleidings word in fakulteitsverband gereël. 

Die doel van die program is om nuwelingstudente vertroud te maak met die dienste en fasiliteite van die biblioteek. Fakulteitsprogramme dui die datum en tyd van biblioteekbesoeke aan. Deelnemers aan die oriënteringsprogram kan ook opwindende pryse losslaan.

Meer besonderhede hieroor is beskikbaar in die volledige program wat studente in Januarie ontvang.

Buiten die Universiteit Stellenbosch biblioteek, word oriënteringsprogramme ook by die volgende takbiblioteke aangebied: 

  • Teologie
  • Musiek
  • Ingenieurs & Bosbou
  • Geneeskunde 
  • Gesondheidswetenskappe 
  • Bellvillepark-kampusbiblioteek

Die oriënteringsprogram word in die daaropvolgende week met individuele opleiding genaamd GetSmart@URLibrary opgevolg.

Vir meer informasie, kliek hier.