Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Meer as 600 BSc studente vang graad
Outeur: Media and communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 05/12/2017

'n Kansellierstoekenning en meer as 600 BSc-grade is hierdie week tydens die Fakulteit Natuurwetenskappe se gradeplegtigheid toegeken.

Die Kansellierstoekenning het gegaan aan prof. Len Barbour van die Departement Chemie en Polimeerwetenskap. Hy word as 'n wêreldleier op die gebied van vastetoestand-supramolekulêre chemie beskou, en is een van slegs drie A-gegradeerde chemici van die Nasionale Navorsingstigting (NNS). Die toekenning word gegee ter erkenning van personeel se volgehoue prestasie en kan slegs een keer gedurende 'n individu se loopbaan toegeken word.

Vanjaar spog die Wiskunde Afdeling in die Departement Wiskundige Wetenskappe met vyf nuwe doktors in wiskunde, gevolg deur die Departement Chemie en Polimeerwetenskap met vier nuwe doktorsgrade. Daar is onder meer 25 Phd-, 54 MSc-, 183 BScHons- en 377 BSc-grade toegeken.

Die vyf nuwe doktors in wiskunde is (voor, van links na regs) dr Joseph K Mahasa, dr Valisoa Razanajatovo Misanantenaina, dr Jacques Masuret en dr Kevin Durant. Agter is dr Joubert Oosthuizen saam met prof Stephan Wagner (afdelingshoof wiskunde) en prof Ingrid Rewitzky (vise-dekaan vir leer en onderrig en hoof van die die Departement Wiskundige Wetenskappe). Foto: Stefan Els