Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bekendstelling van Gendereenheid by die Fakulteit Teologie
Outeur: Helette van der Westhuizen
Gepubliseer: 03/04/2017

Prof Juliana Claassens, Professor van Ou Testament en Hoof van die Gendereenheid, het die storie van die eenheid vertel en gesê: "Ons wil 'n kreatiewe ruimte skep vir interdissiplinêre navorsing met 'n interdepartementele begrip van gender, waar ons saam met studente, plaaslik, nasionaal en internasionaal, leer om anders te dink oor gender. In hierdie Gendereenheid wil ons 'n feministiese etos handhaaf wat alle stemme respekteer, magsverhoudings bevraagteken en gemeenskappe nuut inrig."


Die Viserektor vir Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, Prof Eugene Cloete, het'n belangrike rol gespeel in die vestiging van die Gendereenheid. Volgens hom staan  die eenheid vir menswaardigheid. "Menswaardigheid is die nommer een prioriteit, die tweede om maniere te vind om  'n inklusiewe omgewing te skep met 'n ruimte waar mense mekaar kan praat. Die idee is om te werk aan 'n 'common good'. "

Prof Amanda Gouws, wat goeie wense namens die wyer US kampus oorgedra het, het die belangrikheid beklemtoon van vennootskappe en samewerking tussen departemente en fakulteite in terme van kwessies van geslag.

Volgens Dr Charlene van der Walt, Navorsing- en Programkoördineerder van die Gendereenheid asook die suksesvolle MTh Gender, Gesondheid en Teologie-program, is daar reeds noue samewerking met verskeie nie-regeringsorganisasies wat fokus op geslagsgebaseerde geweld en seksuele minderhede in Afrika, en sien hulle sien uit daarna om ander belangstellende vennote in te sluit. Dr Funlola Olojede is die eerste doktorale genoot aan die eenheid, en maak reeds 'n impak met haar navorsingsfokus op vroue in Afrika wat die Bybel lees in terme van die uitdagings en geleenthede in ons hedendaagse konteks.


Prof Claassens het haar aanbieding afgesluit met 'n aanhaling deur bell hooks: "Ek wens vir 'n plek in die wêreld waar mense mekaar se verskille kan aanspreek op 'n manier wat bevry, en gevul is met hoop en moontlikhede." Mag die Gendereenheid so 'n ruimte wees.