Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Geskenke word uitgeruil tussen die Beyers Naudé Sentrum en die Etiek-Instituut aan die Faculdades EST, Brasilië
Outeur: Marita Snyman
Gepubliseer: 07/11/2016

Die uitruil van betekenisvolle geskenke is tekens van vriendskap, vennootskap en koinonia tussen broers en susters in Christus. Die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie het as 'n voorbeeld van so 'n teken 'n kunswerk deur Prof emeritus Daniël Johannes Louw van Universiteit Stellenbosch aan sy vennoot, die Etiek-Instituut van die Faculdades EST by São Leopoldo, Rio Grande do Sul, Brasilië, oorhandig. Dr Donald Katts het die kunswerk kunswerk, getitel "Derelictio: Christus die vervloekte en gewonde geneser" in September na Brasilië geneem en tydens 'n erediens gedurende die derde Internasionale Kongres van Faculdades EST oorhandig. Dit is gemaak met gebreekte glas en dui op hoe Christus ons menslike weerloosheid aanvaar het en namens ons gely het. Ons kan die lig van die opstanding sien in the opkomende son agter die kruis.

Faculdades EST.jpg

Hierdie lig is ook sigbaar in the Paaskers wat in respons na die Beyers Naudé Sentrum in Oktober gebring is, na afloop van die vierde Konsultasie van die Global Network for Public Theology wat by STIAS in Stellenbosch plaasgevind het. Prof Rudolf von Sinner, Direkteur van die Etiek-Instituut het die handgemaakte kers aan Dr Dion Forster, waarnemende direkteur van die Beyers Naudé Sentrum oorhandig. Wanneer ons na hierdie tekens kyk word ons herinner aan ons vennootskap en samewerking in die werk aan God se koninkryk, geregtigheid en liefde in ons onderskeie kontekste. Beide lande tel onder diegene met die hoogste ekonomiese en sosiale ongelykheid in die wêreld en is deeglik bekend met die positiewe, dubbelsinnige en bedenklike bydraes deur kerke ter wille van die algemene belang van die gemeenskap.