Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
draMATIES kraai koning by kykNET Fiëstas
Outeur: Verskaf / Supplied
Gepubliseer: 03/03/2016

By vanjaar se KykNet Fiëstas wat op 18 Februarie in die Staatsteater in Pretoria gehou is en op kykNET uitgesaai is, het oud-Maties van die Drama Departement skoonskip gemaak. 

Al vier van die hoof spelerkategorieë is deur oud-draMATIES gewen. Stian Bam, wat tot onlangs deetlyds aan die Drama Departement gedoseer het en bekroonde aktrise Tinarie van Wyk-Loots, het onderskeidelik die beste akteur en aktrise toekenning ontvang vir hul werk in die KKNK produksie, In Glas.  

Die twee toekennings vir beste vroulike en manlike byspelers is gewen deur Greta Pietersen vir Son. Maan. Sterre. (Woordfees)  en Dean Smith vir Die Dag is Bros (Innibos).  Dean ontvang in Maart sy Hons-graad. Marlo Minnaar het ook die toekenning vir die beste spel in 'n solo-vertoning gewen vir sy werk in Santa Gamka (KKNK).