Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nagraadse programme 2019
Outeur: Media: Opvoedkunde / Education
Gepubliseer: 22/04/2018

​Die Fakulteit Opvoedkunde bied honneursprogramme aan gegrond op 'n gemengdeleer-model. 

Studente kan vir een van die volgende programme aansoek doen:​

  • Hons BEd (Onderwysontwikkeling en Demokrasie)
  • Hons BEd (Onderwysondersteuning)
  • Hons BEd (Grondslagfase-onderwys)
  • Hons BEd (Taalonderwys)

Wat is die gemengdeleer-model?

Hierdie programme bestaan uit 'n mengsel van:

  • Persoonlike kontaksessies op kampus
  • Telematiese uitsendings na bestaande lokale
  • Elektroniese leer deur middel van SUNLearn (die US se leerbestuurstelsel) wat moderne onderrigtegnieke, aanlynbesprekingsgroepe, ens. insluit.

Hoe verskil hierdie programme van vorige programme?

In die verlede moes studente wat vir honneursprogramme ingeskryf was, twee keer per week in die aand klasse op kampus bywoon. Nou hoef studente egter net twee kontaksessies per jaar (versprei oor die jaar tydens skoolvakansies) by te woon, wat dit moontlik maak vir studente op enige plek in Suid-Afrika om vir hierdie programme in te skryf.

Laai die dokument met meer inligting oor die programme, program-spesifieke vereistes en programstruktuur hi​er​​ af.