Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gesamentlike PhD deur die Universiteite van Vrije en Stellenbosch toegeken
Outeur: Mandi Barnard
Gepubliseer: 04/02/2016

Dr Regan Solomons het onlangs die  eerste persoon by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe geword aan wie die gesamentlike PhD-graad tussen die Vrije Universiteit (VU) en die Universiteit Stellenbosch (US) toegeken is, nadat hy sy PhD-dissertasie, getitled “Improving early diagnosis of tuberculous meningitis (TBM) in children”, suksesvol in Amsterdam verdedig het.

Solomons is ʼn voltydse senior spesialis in Pediatriese Neurologie en senior dosent by die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die US.

Sy gesamentlike toesighouers was Prof Johan Schoeman, US en Prof Marceline van Furth van die VU. Hy het die VU-, Nasionale Navorsingstigting- en Desmond Tutu-beurs ontvang vir die duur van sy studies.

Solomons het gesê die verdediging in Amsterdam was iets wat hy altyd sal onthou en hy bevoorreg om deur sy gesin vergesel te word.

Hy het sy navorsing onderneem omdat TBM die skadelikste komplikasie van tuberkulose en ʼn groot oorsaak van dood en gestremdheid onder jong kinders is, ʼn scenario wat Solomons gereeld teëkom by die Tygerberg-Kinderhospitaal.

Die uitkoms van TBM hang af van die stadium waarop die siekte gediagnoseer word. Vroeë diagnose hou verband met ʼn afname in komplikasies en dood, maar om ʼn vroee diagnose kan maak is moeilik as gevolg van nie-spesifieke simptome van algemene swak gesondheid.

Die belangrikste bevindings van sy studie was dat ʼn navorsingsdefinisie gebaseer op kliniese, laboratoriumen radiologiese bevindings uitstekende diagnostiese akkuraatheid vir opsporing van TBM voorsien het. Glukose en proteïen in serebrospinale vloeistof het TBM met goeie sensitiwiteit opgespoor, maar X-strale van die bors was ook nuttig. Nuwer diagnostiese toetse was onsuksesvol om TB uit te skakel, maar wanneer dit positief was, is onnodige vertragings in die behandeling en moontlike lewensbedreigende gevolge voorkom.

Foto: Dr Regan Solomons en sy gesin saam met verteenwoordigers van die twee universiteite in Amsterdam. Van links: Chadli Solomons, Gailyn Solomons, profs Mariana Kruger, Johan Schoeman, dr Regan Solomons, Nicolas Solomons, prof Marceline van Furth en dr Douwe Visser.

Hierdie artikel het in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se digitale publikasie, VIVUS, verskyn. Besoek www.sun.ac.za/FGGWpublikasies om in te teken.