Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
KI en sosiaal-bewuste pedagogieë
Begin: 01/05/2024, 08:00
Einde: 28/06/2024, 16:00
Kontak:Magriet De Villiers - 021 808 9905
Plek: Centre for Learning Technologies

Hierdie kursus bied aan akademici wat aan die US klasgee die geleentheid om hulle kennis en begrip van die rol wat kunsmatige intelligensie (KI) in die verskillende pedagogiese benaderings speel, te verbreed, met die fokus op die bevordering van sosiale geregtigheid. 

Die kursus steun op teoretiese perspektiewe en bewysgebaseerde praktyke wat deelnemers die kans bied om kreatief en innoverend te dink oor hoe KI pedagogiese praktyke wat studenteleer ondersteun,  kan belemmer en/of bevorder. 

Deelnemers sal die geleentheid kry om: (1) hulle begrip van sosiale geregtigheid in die huidige digitaalbemagtigde hoëronderwysomgewing te verdiep; (2) hulle kennis en vaardighede uit te brei om krities met outomatiese instrumente soos generatiewe KI om te gaan; (3) ʼn dieper begrip van sosiaal-regverdige pedagogieë en hoe dit studenteleer kan beïnvloed, te ontwikkel; en (4) saam praktiese maniere te ondersoek waarop KI leerervarings in die klas en buite die klas kan vorm.

Hierdie kursus sal in die eerste semester plaasvind. Kontak asb. vir Magriet de Villiers (mdev@sun.ac.za) vir meer inligting of om voorlopig te registreer.